Jock Zonfrillo, ‘n beoordelaar van Masterchef Australia, sjef en outeur, is in die ouderdom van 46 in Melbourne, Australië, oorlede.
Volgens The Advertiser is sy liggaam Maandag 1 Mei 2023 ongeveer 02:00 deur polisie in ‘n hotel in Lygonstraat gevind.
Die Skots-Australiese sjef, wat nog op die 29ste April resepte op sosiale media gedeel het, se dood is deur sy familie bevestig.

Fotoplasing: Jock Zonfrillo amptelike Facebook-blad
Geen oorsaak vir sy dood is tot dusver verskaf nie.
‘n Woordvoerder vir die polisie in Victoria het bevestig dat vuilspel nie vir sy dood vermoed word nie en dat ‘n verslag deur ‘n lykskouer voorberei sal word.
In 2019 het Zonfrillo ‘n beoordelaar op die program geword wat die oorspronklike aanbieders Matt Preston, George Calombaris en Gery Mehigan vervang het.
Die nuwe seisoen van MasterChef sou vanaand begin het, maar Network 10 het bevestig dat dit nie hierdie week uitgesaai sal word nie.
“With completely shattered hearts and without knowing how we can possibly move through life without him, we are devastated to share that Jock passed away yesterday,” sê ‘n verklaring van sy familie wat Maandagmiddag uitgereik is.
Zonfrillo word deur Lauren Fried, sy derde vrou, en vier kinders oorleef.
Jamie Olivier het die volgende plasing op Facebook gedeel:
I’m in total shock to wake up to the sudden death of chef Jock Zonfrillo. We had the best time working together for this years master chef, I can’t tell how good it was to work with him ! Jock was very generous to me with his time and spirit in the show and for that I was really grateful…Mellisa, Andy & Jock work as the most inspiring judges and mentors and each have there very own unique view and style…Jock will be so very missed…I can’t believe I’m writing this…….Sending heart felt love and condolences to all of his family, friends and his second family the master chef team and contestants xxx. Love jamie
Gordon Ramsay het die volgende plasing op Twitter gedeel:
Saddened by the devastating news of Jock Zonfrillo’s passing. I truly enjoyed the time we spent together on MasterChef in Australia. Sending all my love to Lauren and the family in this difficult time Gx
Bronne: Jock Zonfrillo Facebook-blad, The Guardian, Gold FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



