‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Sondagoggend dood toe ‘n brand in die gesin se huis in die Kingstown- informele nedersetting op Despatch uitgebreek het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die eienaar van die woning is omstreeks 00:15 deur die reuk van rook en vuur gewek. Hy het by die woning uitgehardloop om hulp te soek. Lede van die gemeenskap het ingespring en gehelp. Sewe mense is gered, alhoewel die tweejarige seuntjie nie gered kon word nie.
Hy is as Adriaan Leeuskieter geïdentifiseer.
Daar word vermoed dat ‘n kers die oorsaak van die brand kon wees.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



