Akteur sterf na kankerstryd

Deel hierdie storie / Share this story

Die akteur James Alexander is Vrydag in die ouderdom van 45 oorlede nadat hy in 2019 met kanker in die kop en nek gediagnoseer is.

Die South African Guild of Actors het die nuus Saterdagoggend op Facebook gedeel.

Nadat Alexander in Januarie 2019 gediagnoseer is, het hy verskeie operasies en behandelings ondergaan. “Hy het hard en met integriteit baklei.”

Sy vrou, Anel Alexander, praat in ‘n roerende plasing op sosiale media oor sy stryd.

“Dit was sy wens om sy stryd privaat te hou totdat hy gereed was om dit te deel. Hy is ongelukkig nie daardie geleentheid gegun nie, maar sy nalatenskap sal voortleef.”

“Om te sê my hart is gebreek, sal nie reg laat geskied aan die 22 jaar wat ons saam deurgebring het nie. Ek kan my nie indink om lewe sonder jou te doen nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel