Twee jong vriende verdrink tydens visvanguitstappie

Deel hierdie storie / Share this story

Twee vriende van onderskeidelik 10 en 13 jaar oud het Donderdag in die Mdlotirivier in Moreland, KZN, verdrink.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) was Donderdagmiddag op die toneel. Volgens inligting het die groep vriende by die rivier gaan visvang toe twee besluit het om in die rivier te swem om af te koel.

Hulle het voor hulle ander vriende verdrink.