Die bestuurder van ‘n ligte motorvoertuig en sy passasier, beide vermoedelik in hul vroeë 30’s, is dood nadat hulle vroeër vandag in ‘n noordelike rigting op die N2 suid van Durban in KwaZulu-Natal in ‘n ongeluk betrokke was.
ALS Paramedics is ongeveer 10:30 na die toneel ontbied. Met aankoms op die toneel is gevind ‘n ligte motorvoertuig het in die agterkant van ‘n vragmotor, wat in die stadige baan gebreek en stilgestaan het, vasgery.
‘n Man en vrou was in die wrak van die ligte motorvoertuig vasgekeer. Nie een van die twee insittendes het tekens van lewe getoon nie en hulle is op die toneel dood verklaar.
SAPD en Durban-brandbestryding was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



