‘n Boer is vroeër vandag dood nadat hy glo met ‘n werknemer in ‘n onderonsie op die Petrus Stroompad buite Howick in KwaZulu-Natal in ‘n huis betrokke was.
Midlands EMS Howick se gevorderde lewensondersteunende paramedici is net na 10:00 na die voorval gestuur. Met aankoms op op die toneel is gevind dat een persoon lewensbedreigende beserings opgedoen het.
KPR is saam met gevorderde lewensondersteunende behandeling geïnisieer. Ten spyte van alle pogings is die persoon deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Daar word beweer dat die boer en werknemer ‘n onderonsie in die huis gehad het, wat tot ‘n bakleiery gelei het. Die presiese oorsaak van die voorval word deur die SAPD ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



