Polisie vra hulp om babaseun op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Ivakele Imvano Yeko, (5 mnde. oud ten tyde van sy verdwyning) van Somerset-Wes in die Wes-Kaap is laas op 5 Desember 2022 omstreeks 13:00 gesien.

Kapt. Frederick van Wyk sê Khayelitsha se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) versoek die hulp van die publiek om die vyf maande oue babaseun op te spoor.

Tydens sy verdwyning het hy ‘n rooi T-hemp en ‘n doek aangehad.

Volgens rekords is hy deur sy versorger saam met sy vyfjarige suster aan ‘n onbekende vrou by die Sassa-kantoor oorkant die Ultra Liquor-winkel in Somerset-Wes, gegee.

Die onbekende vrou het glo vriende met die versorger gemaak en gesê dat sy vir hulle kos en skyfies wil gaan koop en het met die kinders verdwyn.

Die vrou het die 5-jarige meisie later in Hoofweg, Nomzamo, afgelaai, waarna die meisie huis toe gestap het. Sy is medies ondersoek en gesond bevind.

Die saak is by Somerset-Wes-SAPD aangemeld en vir verdere ondersoek na Khayelitsha se GKS-eenheid oorgeplaas.

Voorlopige inligting dui daarop dat die kind moontlik in die Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal-area gesien is.

Enigiemand wat kan help met inligting wat sal lei tot die veilige terugkeer van Ivakele word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte speurdersersant Asanda Hlana by 082 301 8553 of lt.kol. Denver Kamalie by 082 334 8370.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel