FiND iT het vroeër vandag soos volg berig:
‘n Ernstige taxi-ongeluk waarin 15 insittendes beseer is, het nie lank gelede nie op die N3 rigting Durban op die spaghetti-aansluiting-wisselaar in KwaZulu-Natal plaasgevind.
ALS Paramedics se paramedici is tans op die toneel.
Met aankoms op die toneel is gevind dat die taxi al voertuig in die ongeluk betrokke was.
ALS Paramedics het opgevolg met besonderhede van die ongeluk:
Altesaam 13 persone is in die ongeluk beseer.
ALS Paramedics Medical Service het met aankoms op die toneel chaos gevind.
Die taxibestuurder het op ‘n manier beheer oor die taxi verloor, waarna die voertuig verskeie kere gerol en op sy kant tot ruste gekom het.
Geringe tot ernstige beserings is opgedoen.
Meer ambulansdienste sowel as gevorderde lewensondersteunende paramedici is na die toneel ontbied.
Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en vir verdere mediese behandeling met ambulanse na verskeie hospitale in Durban geneem.
Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend en die SAPD, wat die insident verder sal ondersoek, was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



