Kyk video: Kitskoswinkel beroof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video van ‘n kitskoswinkel in Pathenonstraat, Starwood, KwaZulu-Natal wat Woensdagmiddag 26 April 2023 beroof is, is op sosiale media te sien.

Reaction Unit South Africa, wat die video gedeel het, sê twee rowers het die besigheid ongeveer 18:11 binnegegaan en drie vroulike personeellede aangehou.

‘n Onbekende bedrag kontant is gebuit en die personeel is aangerand voordat hulle met kabelbinders vasgemaak is.

Daarna het die twee verdagtes van die toneel gevlug.

Dit is onbekend of ‘n voertuig tydens die roof gebruik was.

Alhoewel reaksiebeamptes van Reaction Unit South Africa ‘n soektog na die verdagtes geloods het, kon hulle nog geen inhegtenisnemings maak nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel