Jerry Springer in die ouderdom van 79 dood

Deel hierdie storie / Share this story

Jerry Springer (Gerald Norman Springer), aanbieder van die kontroversiële Jerry Springer Show wat sedert 1991 vir amper drie dekades uitgesaai was, is in die ouderdom van 79 dood.

Springer was ‘n voormalige Cincinnati News-ankerman en ook onder meer in America’s Got Talent en Judge Jerry te sien.

Hy het Donderdag 27 April 2023 in vrede by sy huis in Chicago gesterf.

Jene Galvin, familiewoordvoerder, het hom as onvervangbaar beskryf en gesê dat hy na ‘n kort siekbed oorlede is.

Springer is ‘n paar maande gelede met kanker gediagnoseer en hierdie week het sy gesondheid drasties agteruitgegaan.

Bronne: BBC, The New York Times en Sky News.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel