Turkse president vereer SAPD se K9-soek-en-reddingspan

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD K9 Soek en Reddingseenheid, wat ‘n bevelvoerder, vyf snuffelhonde en hul hanteerders insluit is deur Sy Eksellensie, President Recept Tayyip Erdogan by die Presidensiële Kompleks in Ankara, Turkye, vereer.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê brig. Vimla Moodley, die bevelvoerder wat die taak gehad het om die SAPD se eenheid te lei tydens die nasleep van die verwoestende aardbewing het die medalje van hoogste opoffering namens die SAPD ontvang.

Die SAPD K9-span was van die eerste paar reddingspanne wat opgedaag het en het suksesvol gehelp om een lewende slagoffer van 90 jaar oud uit die puin te red nadat die slagoffer vir 9 dae onder die puin vasgekeer was. Hulle het ook gehelp om 200 liggame te vind.

Genl. Fannie Masemola sê die span het uitnemendheid en kundigheid getoon wat binne die organisasie bestaan.

“Dit is ‘n eer om sulke uitnemendheid te lei. Toe hulle genader is om die Turke te gaan bystaan, het hulle nie gehuiwer om op die oproep van diens te reageer nie. Dankie aan elkeen van die spanlede wat die sAPD en ons land met groot trots verteenwoordig het. Baie dankie brig. Moodley wat moeiteloos gelei het.”

Die SAPD K9 soek-en-reddingspanne was by talle operasies regoor die wêreld betrokke, wat die Haïti aardbewing van 2010 insluit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel