Seun wat oor tydperk probeer kontak maak, verneem bejaarde pa is oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Thomas Daniel Cupido wat oorlede is en Dinsdag 28 Maart 2023 deur weldoeners van die gemeenskap van Daspoort begrawe is, se seun weet uiteindelik dat sy pa oorlede is.

FiND iT het berig dat gemeenskapslede na sy kinders wat vermoedelik iewers in die Wes-Kaap is, op soek was.

Die seun het aan gemeenskapslede van Daspoort gesê dat hy aanhoudend na sy pa se selfoon geskakel het nadat hulle tweeweeklikse kontak skielik gestop het en hy nie antwoord by sy pa gekry het nie. Die foon was later afgeskakel.

Hy het einde ten laaste met iemand gepraat wat hom meegedeel het dat sy pa oorlede en reeds begrawe is. Die seun en sy vrou het daarna Gauteng vertrek.

FiND iT het op 27 Maart 2023 soos volg berig.

Die gemeenskap van Daspoort in Pretoria is op soek na die familie van Thomas Daniel Cupido, gebore op 14 Julie 1941.

Cupido is onlangs oorlede. Hy is na bewering weke nadat hy gesterf het in sy woning gevind. Hy word reeds Dinsdag 28 Maart 2023 deur weldoeners begrawe.

Daar word vermoed dat hy kinders in die Wes-Kaap het. Indien enige van sy kinders hierdie berig sien, kan hulle vir Leonie Bateman by 064 266 0759 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel