Lees ook: Eskom stel beurtkragfases vir die naweek bekend
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) het gewaarsku dat die prys van eiers moontlik ook binnekort gaan styg.
Sapa-bestuurder dr. Abongile Balarane het gewaarsku dat dit vir boere duur raak om eiers te produseer, veral met die Eskom-tariewe wat gestyg het en beurtkrag wat baie vervaardigers en verpakkers gedwing het om die industrie te verlaat.
Hy het gesê mense moet gereed maak vir die styging in eierpryse.
Bronne: IOL, Business Report, VN Explorer



