Kyk na die video’s in die berig van voor en na die Two Oceans-halfmarathon!
Ronaldo Duncan, wat reeds 13 jaar en Jermaine Carelse wat reeds 22 jaar brandbestryders vir Stad Kaapstad is en gereeld brande teen die hange van die Kaapse berge beveg, het Sondag 16 April 2023, geklee in volle firefighting gear, die Two Oceans-halfmarathon vir ‘n goeie doel gehardloop.
JP Smith sê beide het die 21 km afgelê om fondse bymekaar te maak vir Volunteer Wildfire Services (VWS), ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO) wat reeds meer as 20 jaar sy aan sy brande met brandbestryders van Kaapstad bestry.
Volgens Smith het hulle die 21 km in 2 uur en 41 minute afgelê.
VWS is vrywillig-gedrewe en hulle maak op donasies staat om hierdie belangrike diens te kan verrig. Donateurs en borge is bedank vir die manier hoe hulle hierdie goeie doel ondersteun.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



