Juanita du Plessis vandag 51 jaar oud

Deel hierdie storie / Share this story

Juanita du Plessis, gewilde sangeres, vier vandag haar 51ste verjaarsdag. Sy is as ‘n nooi Naudé in Windhoek, Namibië gebore. Met al haar platinum toekennings staan sy as SA se Platinum Prinses bekend.

Sy het in 1998 haar debuutalbum, genaamd Juanita vrygestel.

Hierdie sangeres het bekend geraak met die treffer Ska-Rumba. Haar albums sluit onder meer Ek en Jy, Jou Skaduwee, Jy Voltooi My, Bring jou Hart saam met Theuns Jordaan, Hart vol Drome saam met Theuns Jordaan en talle meer in.

Onder haar vele toekennings tel ‘n SAMA vir Beste Suid Afrikaanse DVD. Gedurende 2011 is sy vir die sewende jaar in ‘n ry by Huisgenoot Tempo’s aangewys as die gewildste vroulike kunstenaar.

In 2018 het sy reeds 20 jaar in die musiekbedryf gevier. As beste verkoper in Suid-Afrika het sy al meer as 3 miljoen albums verkoop.

Twee van haar kinders, Franja du Plessis (een van ‘n tweeling) en Ruan Josh, met hul onmiskenbare trekke van hul bekende ma, is kunstenaars in eie reg.

Haar man is Doepie en ander seun is Mario (een van ‘n tweeling).

Watter liedjie van Juanita is jou gunsteling?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel