Een dood toe voertuig van brug ry

Deel hierdie storie / Share this story

Foto: KwaZulu Private Ambulance Services

‘n Persoon is dood toe die motorvoertuig waarin hy en nog ‘n persoon gery het Maandagaand 24 April 2023 van ‘n brug op die R102, naby Anerly, KwaZulu-Natal afgery het.

KwaZulu Private Ambulance Service is na die toneel. Met aankoms van nooddienste is gevind ‘n motorvoertuigbestuurder het beheer verloor en is van ‘n brug in ‘n rivier in.

Paramedici het die toneel geassesseer. Een persoon was noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n persoon het ernstige beserings opgedoen.

Saam met polisie se soek-en-reddingbeamptes en Ray Nkonyeni-brandbestryding het paramedici die pasiënt gestabiliseer en na veiligheid teen die wal op gedra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel