Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring
Een persoon is in hegtenis geneem na ’n ontbindende liggaam Donderdag in ‘n bos in Inanda, Durban gevind is. Die verdagte word van moord en ontvoering aangekla.
Die slagoffer, ’n Pakistani-man (33), is vasgebind met sy mond toegebind in die bosse op die Eskebhenipad gevind na die verdagte die plek uitgewys het. Die verdagte het ook die slagoffer se kar gehad.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: IOL, VN Explorer, News365
Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring



