Video in berig!
Drie manlike verdagtes tussen die ouderdomme van 20- en 35 jaar is Donderdagmiddag 20 April 2023 in ‘n verlate plaashuis in Noordwes in hegtenis geneem met ‘n Nylkrokodil in hul besit.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder van Noordwes-polisie, sê lede van die Stilfontein-eenheid vir veedienfstal en bedreigde spesies het inligting ontvang dat ‘n Nylkrokodil van ‘n krokodilplaas in Hartebeesfontein gesteel is.
Onmiddellike opvolg en samewerking met Natuurbewaringsgeamptes het die span na die verlate plaashuis gelei.
‘n Nylkrokodil van 2.5 m ter waarde van R25 000 was onder boomtakke versteek.
Die verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ‘n voertuig wat vermoedelik in die pleging van die misdaad gebruik is.
Die krokodil is aan sy regmatige eienaar terugbesorg.
Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn vir ‘n oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversieit, 2004 (Wet No. 10 van 2004).
Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris van Noordwes, het die polisiebeamptes, Natuurbewaringsbeamptes, boere en lede van die gemeenskap geloof vir hulle samewerking wat tot hierdie sukses gelei het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



