Kyk: Polisiekaptein wat geskiet is, gevlieg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiekaptein wat Saterdagaand 22 April 2023 ongeveer 19:30 in Sefako Makghato-rylaan (Zambesi-rylaan) N1 Suid-Hoofweg in Montana, geskiet is, is per Netcare 911-helikopter vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gevlieg.

PROMED is na ‘n skietvoorval ontbied.

Met aankoms op die toneel het paramedici ‘n polisiekaptein gevind wat verskeie kere geskiet is.

Die beseerde is op die toneel behandel en gestabiliseer weens die aard van die beserings.

Netcare 911 se noodhelikopter het die beseerde na ‘n gespesialiseerde hospitaal in Johannesburg gevlieg.

Die omstandighede van die insident is nie duidelik nie en word deur owerhede ondersoek.

FiND iT het kommentaar by SAPD Nasionale Hoofkantoor gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel