Kyk: Steve Hofmeyr sê dis maklik om soos Neil Diamond te klink

Deel hierdie storie / Share this story

Video in berig.

‘Hoe om soos Neil Diamond te klink? Maklik, sê ek. Kyk self.”

Steve Hofmeyr het vanoggend ‘n video met sy aanhangers gedeel waarin hy tips deel van hoe maklik dit is om soos die sanglegende Neil Diamond te klink.

Hofmeyr praat oor sy gunstelinge onder die Neil Diamond-treffers, asook die twee kere wat hy die wêreldbekende sanger self sien optree het in Kaapstad en in Los Angeles.

Hy het Diamond nooit self ontmoet nie en praat oor die treffer van dié beroemde sanger You Don’t Bring Me Flowers wat hy saam met Barbara Streisand in 1978 gesing het. Hofmeyr en Dana Winner het dieselfde liedjie 20 jaar later saam gesing wat nommer twee op Belgiese trefferslyste was.

Verder noem hy dat Diamond dalk moontlik nooit weer self gaan sing nie.

Hofmeyr tree op 29 April in die Steve Doen Beautiful Noise-konsert by die Voortrekkermonument in Pretoria op.

Watter Neil Diamond-liedjie is jou gunsteling?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel