Bheki Cele, die minister van polisie en ander topbestuurslede van die polisie onder leiding van genl. Fannie Masemola, die nasionnale kommissaris van polisie, sal vandag die misdaadtoneel te Spinach Road, Unit 14, Impali, Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, waar tien lede van ‘n familie in ‘n ‘n massamoord uitgewis is, besoek.
Lirandzu Themba, woordvoerder vir die minister van polisie sê die lewens van tien familielede is gedurende die moord geneem.
Na bewering het onbekende skieters die huis bestorm en ‘n familie oorval.
Sewe vroue en drie mans is noodlottig gewond.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



