Man kritiek beseer deur elektriese skok

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man het Woensdag 19 April 2023 kritieke brandwonde tydens ‘n elektriese skok in Silver Lakes in die ooste van Pretoria opgedoen.

Emer-G-Med se paramedici was op die toneel.

Volgens rapportering op die toneel was die man besig om op ‘n hoë advertensiebord te werk toe hy kontak met hoogspanningskabels gehad het.

Hy het kritieke brandwonde opgedoen.

Hy is per helikopter na ‘n sorgeenheid vervoer.

Brinant Sekuriteit is vir hul hulp op die toneel bedank.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel