Eks-man van radio-aanbieder gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Mackenzie Ratselane (41) is Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof gevonnis vir poging tot moord, die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Die eks-man van die SABC Lesedi FM-aanbieder het Woensdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn vir sy vonnis nadat hy skuldig bevind is.

Dit volg na die man sy vrou in Februarie 2023 verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek het tydens ‘n bakleiery. Sy het meer as 15 steekwonde aan haar liggaam opgedoen. Ratselane is later in Ennerdale Gauteng in hegtenis geneem nadat hy vir ses dae van die polisie weggekruip het. Hy was sedertdien in aanhouding

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel