
Foto: Verskaf
Rhuardt Kotze (7) ‘n veelsydige jong gholfspeler, is genooi om vanaf 25 tot 27 Julie 2023 aan die junior gholf-wêreldkampioenskappe “Champion of Champions” in Ierland deel te neem.
Volgens sy pa word 250 kampioene van 40 verskillende lande genooi om deel te neem. Rhuardt sal in sy ouderdomsgroep van sewe jaar en jonger deelneem.
Die kampioenskap sal in Noord-Ierland by die beroemde vyfster Erne-gholfoord plaasvind.
Die talentvolle jong seun het begin gholf speel op die ouderdom van vier en het aan die US Kids Golf South Africa asook SA Kids Golf begin deelneem.
Hy het onder in aan groot toernooie wat die St. Francis International Invitational en Junior Africa Challenge insluit, gespeel.
Gedurende die laaste twee jaar by US Kids Golf South Africa het Ruhardt reeds 26 top 5-posisies behaal.
Dit sluit twee eerste plekke, vyf tweede plekke en vyf derde plekke in.
Al hierdie prestasies behaal hierdie jongeling in die ouderdomsgroep vir seuns ses jaar en onder.
Ruhardt eindig sy laaste vyf seisoene op die top vyf-merietelys in sy ouderdomsgroep vir elke seisoen in totaal.
Sy ouers wil hiermee graag sy ondersteuniers, Koos and Mike Used Cars, Wilson Golf SA, Bridgestone Golf Balle SA asook IplayIcare NWO vir junior spelers in Suid-Afrika waarvan Ruhardt ‘n handelsmerkambassadeur is, bedank.
Besoek Rhuardt Kotze se Facebook- en Instagram-bladsye indien jy hom wil volg.
Jy kan ook inligting oor ‘n groot gholfdag wat op 23 Junie 2023 ten bate van fondsinsameling vir hom gehou word op die bladsye kry.
“Ons as ouers is baie dankbaar vir die geweldige ondersteuning wat Rhuardt kry vanaf familie, vriende en die publiek.”
Rhuardt sien vreeslik uit na die geleentheid en in sy eie woorde glo hy: “As jou kop oortuig is van iets wat jy in glo dan sal jou lyf net inpas en dit laat gebeur”.
En natuurlik die laaste maar nie die minste nie en beslis baie belangrik, wil Rhuardt graag sy afrigter, Jaco Swart by Pecanwood golf estate bedank vir al die “magic” wat hy met hom maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



