Polisie se gru-ontdekking: Liggaam met kneusplekke in bos gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Bushbuckridge het Maandag ‘n gru-ontdekking gemaak toe hulle op die liggaam van ‘n onbekende man, oortrek met kneusplekke, in die Injaka-bosse afgekom het.

Volgens die polisie het ‘n lid van die gemeenskap vuurhout bymekaargemaak toe hy eerste op die liggaam afgekom het.

Die man in sy middel 30’s is op die toneel dood verklaar.

Die polisie vra enigiemand met ‘n vriend of familielid wat ‘n khaki-baadjie, ‘n blou oorpakbroek en All Star-tekkies aangehad het en vermis geraak het, om die polisie by 082 422 8198 te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel