Mi7 National Group het hierdie video op sosiale media gedeel.
Een van hul reaksiebeamptes was besig met roetinepatrollie in die strate van Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal toe ‘n zebra in die middel van die straat in Bellevue-area opgemerk is.
Die beampte het die beheerkamer per radio van die dier verwittig.
Hy kon egter nie weer die dier vind nie.
Inwoners word gevra om op die uitkyk te wees en nie die dier te nader nie, maar eerder die owerhede in kennis te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



