Kyk: Brandende Olivia Marie – 26 bemanningslede gered

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Houtbaai-ondersteuningsvaartuig genaamd Olivia Marie het vroeg die oggend van Vrydag 14 April 2023 aan die brand geslaan, waarna 26 bemanningslede die boot in reddingsbootjies verlaat het.

Hulle is agt seemyl Suid van Kaappunt in rowwe seestoestande, suksesvol deur die bemanning van die Umfondini-vissersvaartuig gered.

NSRI sê die vaartuig het in ‘n noordwestlike rigting gedryf wat ‘n risiko ingehou het om naby Scarborough, suid van Kommetjie, te strand.

Die NSRI se Houtbaai- en NSRI-Kommetjie-diensspanne is geaktiveer om die 80 ton vaartuig in die see te hou totdat die sleepboot Strandloper opgedaag het.

NSRI-reddingswemmers is ontplooi om ‘n sleeplyn vanaf NSRI-Houtbaai se reddingstuig, Nadine Gordimer, aan die vaartuig vas te maak. Die vaartuig is van die land af weggesleep en in die see gehou todat die sleepboot Strandloper opgedaag en die sleeplyn na die sleepboot oorgeplaas is.

Die vaartuig is tot Saterdag in die diepsee gehou totdat dit aan die seekant van die Houtbaai-hawepier vasgemeer is.

Geen beserings is opgedoen nie en die brand wat op die vaartuig gesmeul het, is geblus.

Bergingskenners is aangestel om bergingsopsies te assesseer en maatreëls is getref om enige besoedelingstorting te voorkom.

Alle betrokke partye is geprys vir hul pogings om omgewingsbedreiging te beperk.

Foto’s: Mooi Weskus Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.