Die Mededingingstribunaal in Suid-Afrika sal ‘n aansoek aanhoor wat behels dat die Mededingingskommissie Meta Platforms, voorheen bekend as Facebook Inc., vervolg vir beweerde misbruik van markoorheersing.
Die kommissie soek verligting om Meta te verbied om GovChat en #LetsTalk van WhatsApp af te verwyder en ‘n interdik wat Meta verhinder om beweerde “uitsluitingsbepalings” af te dwing.
Die dispuut tussen GovChat en Facebook dateer uit middel 2020, waar Facebook glo GovChat van WhatsApp wou afskop om direk met die Suid-Afrikaanse regering te handel deur soortgelyke dienste aan te bied.
Die kommissie het die saak vir vervolging eskaleer en die tribunaal word gevra om die maksimum straf teen Meta Platforms, WhatsApp en Facebook Suid-Afrika op te lê, wat 10% van hul gesamentlike omset is. Die verhoor is vasgestel vir Dinsdag, 18 April.



