IPSS Medical Rescue was laat Sondagaand op die toneel waar ‘n kop-aan-kop-botsing tussen ‘n motor en ‘n SUV op die N2 naby Zinkwazi plaasgevind het.
Verslae van die toneel dui daarop dat twee mense op die toneel dood is. Vier ander het ernstige beserings opgedoen en ‘n vyfde is kritiek.
Die beseerdes is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.
Volgens IPSS Medical Rescue het een van die beseerde persone glo ‘n groot hoeveelheid dwelms aan sy torso vas gehad. Hy is onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem.
Motoriste is gevra om versigtig te wees in die area.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



