Gugulethu-man dood in aanval na hy glo meisie (9) verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verpleegster op pad werk toe beroof, verkrag – Limpopo-LUR vir gesondheid veroordeel dit

‘n Man is deur inwoners van die Khikhi- informele nedersetting doodgemaak na hy glo gebieg het dat hy die meisie (9) wat langs hom bly, verkrag het.

Die man is glo gevang ná lede van die gemeenskap ‘n geluid uit sy kamer hoor kom het. Hy het geweier om oop te maak, maar hulle het gewag en toe hy die deur oopmaak, het hy uitgekom met die meisie.

Die gemeenskap het gevra wat gebeur het en die meisie het glo gesê hy het haar verkrag. Die gemeenskap was na bewering van plan om hom aan die polisie te oorhandig toe hy sê hy sal vrygelaat word. Die gemeenskap het hom toe aangerand. Hy het later aan sy beserings beswyk.

Die polisiewoordvoerder het aan IOL bevestig die verdagte is deur die gemeenskap doodgemaak en dat die Nyanga-polisie ‘n saak van verkragting ondersoek.

Bronne: IOL, Vodacom Live

Lees ook: Verpleegster op pad werk toe beroof, verkrag – Limpopo-LUR vir gesondheid veroordeel dit