Vrou val uit boot in Houtbaai, beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Die NSRI-Houtbaai se diensbemanning is Donderdag geaktiveer na berigte van ‘n 30-jarige vrou wat beseer is nadat sy glo uit ‘n opblaasbare huurboot geval het.

Die voorval het plaasgevind terwyl die huurboot deur die Houtbaai-hawemond in die Houtbaai-hawe ingevaar het. Die vrou is gered en na die kus geneem, waar die bemanning van die huurboot noodhulpbehandeling vir haar beserings toegepas het.

Verskeie ander nooddiensspanne is na die toneel ontbied.

Die vrou is daarna in ‘n ernstige maar stabiele toestand met ‘n Netcare 911-helikopter na ‘n hospitaal geneem.

Sy is glo ‘n werknemer van die huurbootmaatskappy.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel