LEES OOK: Potchefstroom-slaggate herstel as deel van #MyWoonbuurt-kompetisie
Veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, en sy meisie, dr Nandipha Magudumana, is vanoggend om 04:00 na Suid-Afrika teruggebring, waar hulle onmiddellik in hegtenis geneem is. Hulle het vanoggend onder streng polisieteenwoordigheid by die Lanseria Internasionale Lughawe geland.
Bester en Magudumana is na die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum in Pretoria geneem.



