‘Met Pippie gaan dit so, so goed’

Deel hierdie storie / Share this story

Met Pippie Kruger, die dapper vegtertjie wat in soveel mense se harte gekruip het, gaan dit “so, so goed”, sê haar ma, Anice Kruger.

Anice vertel in ‘n onlangse plasing op sosiale media dat sy weet sy gee baie min bywerkings oor hoe dit met Pippie gaan, maar dat die lewe net so besig is en sy maar selde tyd het vir haar foon. “Maar met Pippie gaan dit so, so goed. Besig, besig, en elke liewe dag is daar iets nuuts.”

“Maar soos almal weet, is ons liefste awesome dr. Mia nou oorsee en na 11 jaar moes ons ‘n nuwe dokter soek. Na dokter na dokter na dokter, seker 20 in totaal, gesê het hulle kan nie/wil nie/sien nie kans nie/ wat ook al die rede, het ons op ‘n dokter in die Kaap afgekom wat haar môre gaan sien. Bid asb. saam met ons dat dit die regte dokter sal wees vir haar. Anders moet ek seker Engeland toe gaan en dr. Mia gaan kidnap en terugbring. Ek sal môreaand deel hoe alles gegaan het.

“Verder belowe die mamma gaan dit rêrig so goed soos dit kan gaan met al haar duisende uitdagings… Verlief en verlore en glo vas sy het haar TOU MAN… (trou man) en hulle gaan TOU (trou) en dis als BAIE MOOI en hulle gaan ‘n Barbie-koek hê en Bobby van Jaarsveld gaan kom sing, maar ook huil oor haar….

“Maar ek sal meer update. Ek sal meer foto’s opsit. Ek sal weer baie moeite doen…

“Dankie steeds vir elke boodskap, elke gebed en al die liefde.”

Pippie se verhaal het die land aangegryp toe sy op Oujaarsaand 2011 as tweejarige by die gesin se huis op Lephalale (Ellisras) derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie in ‘n ongeluk opgedoen het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel