LEES OOK: Tienerseun verdrink tydens gesinsvakansie
Die Sizwe Kupelo-stigting het ’n petisie aan Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, oorhandig om die ras van pitbull-honde permanent te verbied.
Die departement het vandeesweek ’n petisie met meer as 139 000 handtekeninge ontvang wat ’n verbod op putbull-honde as huisdiere versoek.
Didiza het aangedui dat die departement ook saam met die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling werk om die Wysigingswet op Diereaangeleenthede van 1993 te wysig.


