‘n Driejarige wat ‘n passasier agter op ‘n bakkie was, is Dinsdag 11 April 2023 in Isithebe, KwaZulu-Natal, kritiek beseer nadat die bakkie in ‘n ongeluk teen ‘n muur vasgery het.
IPSS Medical Rescue is na die toneel van ‘n enkelvoertuig wat teen ‘n muur vasgery het, ontbied.
Die twee insittendes in die kajuit het geringe beserings opgedoen.
‘n Driejarige kleuter is van die agterkant van die bakkie geskiet. Die kind was kritiek beseer en addisionele hulp is onmiddellik na die toneel gestuur. IPSS Medical se gevorderede lewensondersteunende paramedici het die beseerde kind gestabiliseer voordat die kleuter deur Air Mercy Services (AMS) se helikopter vir dringende mediese sorg na ‘n gepaste fasiliteit gevlieg is.
Die twee volwassenes is na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



