Foto’s in berig.
‘n Vrou (43), wat alleen in haar voertuig was, moes gered word toe sy Maandagmiddag 10 April 2023 op pad na Houtbaai van die uitkykpunt by Chapman’s Peak met haar voertuig van die pad af oor die rand gery het.
Wilderness Search and Rescue (WSAR) is net na 14:00 na die toneel ontbied.
Verskeie spanne wat kundiges sowel as vrywilligers ingesluit het, het by ander owerhede op die toneel aangesluit.
David Nel, woordvoerder vir WSAR, sê dit was inspirerend om soveel mense in so ‘n moeilike omgewing te sien saamwerk.
‘n Kleiner groep wat mediese sowel as reddingslede ingesluit het, het teen die steilte na die voertuigwrak beweeg.
Die vrou kon self uit die wrak klim, maar kon nie verder loop nie.
Sy is geassesseer en behandel voordat sy op ‘n draagbaar geplaas is.
Terwyl medici met haar gewerk het, het reddingspanne bo in die pad ‘n tou-en-katrolstelsel aan een van die stad se brand-en-reddingsvoertuie vasgemaak.
‘n Hommeltuig is ingespan om reddingspogings aan die onderkant te monitor.
Die beseerde kon veilig met die hulp van die toue en katrol en versigtige beplanning en beweging deur ‘n digbeboste gebied en teen die steilte op gedra en veilig tot by die pad gebring word. Sy is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Nel sê dat die reddingspoging is net na 16:20 suksesvol afgehandel.
“This was a demanding scenario made less difficult by having access to so many competent rescue specialists at one scene.”
“It’s always a pleasure working alongside the City of Cape Town Fire and Rescue Services, Western Cape Department of Health and Wellness – Health Emergency Medical Services (EMS), Life Healthcare and the NSRI.”
Noodkontaknommer: 021 937 0300.
Foto’s deur Carlo Garth Adonis, Fabian Higgins, Rob Burger en Mountain Club of SA – Search And Rescue.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



