Masels nou in al die provinsies, behalwe een

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n weeklikse opvolgplasing is bevestig dat die maselsuitbraak nou al Suid-Afrika se provinsies behalwe die Oos-Kaap bereik het.

Die nasionale gesondheidsdepartement het Vrydag 7 April 2023 bekendgemaak daar is sedert 8 Oktober 2022 reeds 5 507 toetse vir masels gedoen, waarvan 911 positief was.

Limpopo het die meeste gevalle, gevolg deur Gauteng.

Daar is 46 nuwe gevalle aangemeld waarvan 33 in Limpopo is, 10 in Gauteng, en 1 elk in Noordwes, Mpumalanga en die Wes-Kaap.

Daar is nie nuwe gevalle in die Vrystaat, KwaZulu-Natal of die Oos-Kaap aangeteken nie. Die publiek word versoek om seker te maak dat hulle kinders se inenting teen masels op datum is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel