‘n Man (25) van Cruisfontein buite Mookgopong, Limpopo is Maandag 10 April 2023 ongeveer 05:00 glo grusaam deur sy vrou (20) vermoor.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê beide die man en vrou is buitelanders.
Na bewering was die man aan die slaap toe die voorval plaasgevind het.
Die vrou het vermoedelik die man van ‘n buite-egtelike verhouding beskuldig en hom met ‘n skerp voorwerp in sy bolyf gesteek terwyl hy geslaap het. Hy is na die hospitaal geneem waar hy met aankoms dood verklaar is.
Die vrou is deur Naboomspruit-polisie in die Waterberg-distrik in hegtenis geneem.
Sy sal na verwagting op ‘n klagte van moord in die Mookgophong-landdroshof verskyn.
Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het die voorval veroordeel en sê: “People experiencing relationship challenges are urged to seek professional assistance.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



