Man se ontbinde liggaam in toegegroeide area ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

Die ontbinde liggaam van ‘n man is Maandagmiddag in Hazelmere, KZN, ontdek.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n oproep om bystand van inwoners ontvang nadat hulle die ontdekking gemaak het.

Beamptes het omstreeks 12:41 op die toneel aangekom en is ongeveer 10 meter van die pad af gelei tot in ‘n toegegroeide area waar hulle die ontbinde liggaam aangetref het.

Die oorledene het ‘n swart kappiebaadjie, swart/blou broek en swart-en-wit tekkies aangehad.

Omstandighede wat tot sy dood gelei het, kon nie onmiddellik vasgestel word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel