‘n Verdagte (34) word gesoek nadat hy na bewering op 8 April sy 23-jarige eksmeisie, wat ook die ma van sy kind is, gestenig het.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ‘n beroep op Ceaseman Dala Chauke (34) om by die naaste polisiestasie aan te meld, omdat hy die polisie met die ondersoek kan bystaan.
Die moord het in Giyani in die dorpie Dzingidzingi, gebeur.
Enigiemand met inligting wat kan lei tot die aanhouding van die verdagte moet ondersoekbeampte ao Hobyani by 082 414 6709 of #CrimeStop-nommer by 08600 10111 of die naaste polisiestasie kontak.



