‘n Man is Vrydag tydens ‘n kaping in Parkgate, KZN, doodgeskiet.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is beamptes omstreeks 20:30 na die toneel ontbied waar hulle die man se lewelose liggaam langs die pad aangetref het.
Die man was glo besig om die voertuig se radio te herstel toe drie verdagtes hom genader het. Hulle het die man geskiet voor hulle in sy silwer Toyota Hilux-bakkie weggejaag het.
Indien enigiemand die gekaapte voertuig raaksien, kontak Rusa by 086 1234 333.



