Die bestuurder van ‘n VW Caddy is Donderdagmiddag 4 April 2023 tydens ‘n kapingspoging te Sunkerpad in Ottawa, KwaZulu-Natal, met brass knuckles aangerand.
Reaction Unit South Africa sê die bestuurder van die voertuig het met die vermeende verdagte wat nog aan die voertuig se deur hang, weggejaag.
Inwoners het hulle 15:36 in kennis gestel dat ‘n voertuig deur ‘n heining van ‘n woning gery het.
Met aankoms op die toneel het die voertuigbestuurder aan die reaksiebeamptes gesê dat hy by ‘n stopteken stilgestaan het toe hy deur drie verdagtes genader is.
Een van die vermeende verdagtes het die bestuurder van die voertuig glo met brass knuckles aangerand en probeer om die voertuig se deur oop te maak.
Die bestuurder van die voertuig het weggery met die verdagte wat nog aan die deur gehang het en het deur ‘n heining en in ‘n muur vasgery, waarna die verdagte te voet gevlug het.
Geen beserings is aangemeld nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



