Verkeersbeampte aan diens raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man glo vermoor na verdagte sy bier drink

‘n Verkeersbeampte is op die R102 naby Shakaskraal KZN raakgery terwyl hy aan diens was.

Die verkeersbeampte was glo agter ‘n voertuig aan wat agterdog gewek het. Toe dit stilhou, is die beampte getref deur ‘n ander motor wat die stilstaande voertuig wou vermy.

Die motoris wat die verkeersbeampte raakgery het, het glo gevlug. Die polisie ondersoek nou die voorval.

Die verkeersbeampte se toestand is stabiel en hy behoort ten volle te herstel.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Man glo vermoor na verdagte sy bier drink