‘Rapport-artikel is leuens’ – Rapport staan by sy storie

Deel hierdie storie / Share this story

Chris Breedt, eienaar van SSI Consultants, is boos na ’n artikel in Sondag se Rapport verskyn het wat sê dat die kêrel van die voormalige ontvoerde Riana Pretorius, Carel du Preez, stappe teen hom oorweeg.

“Die derde laaste paragraaf van die artikel sê dat toe Rapport my vra of daar enige klagte by Psira is, het ek ontplof.”

Breedt sê aan FiND iT ‘n joernalis van Rapport, het hom gebel. “Hy het my begin takel en toe hy nie sy sin kry nie, toe sê hy ‘Psira ondersoek jou’.”

Breedt sê die joernalis (wie hy op Facebook noem ‘TinTin’) het hom uitgelok. “Daar is geen waarheid in sy koerant-artikel nie. Ek het Eybers begin vloek uit woede, omdat hy my uitgelok het. Hy sê toe ewe skielik hy het dit nog nie begin skryf nie. Hy het dit toe wel gaan skryf en die gesprek tussen ons heeltemal verdraai. Dis ‘n vals berig.”

Albert Weideman, adjunkredakteur van Rapport, sê aan FiND iT Rapport staan by die inhoud van sy berig op 2 April.

“Rapport se berig van 2 April sê nie daar is ’n klag by Psira teen Chris Breedt ingedien nie. Ons haal wel vir Carel du Preez soos volg aan oor sy planne om ’n klag in te dien: ‘Ek het reeds my regsverteenwoordiger opdrag gegee om ’n lastereis teen Chris Breedt in te stel en ek beplan om ’n klag teen hom by die regulerende owerheid van die private sekerheidsbedryf (Psira) aanhangig te maak. Sy optrede is totaal en al onaanvaarbaar.’ Toe ons vir mnr. Breedt gevra het of hy bewus is van enige klag by Psira het hy soos volg gereageer: ‘Jou moer man. Moet my nie vir ’n d**s vat nie. Ek sal jou opf*k. Ek gaan jou kop van jou lyf af p**s. Tree jy op vir die f*kk**en Valke of die familie. Ek sal dit op Facebook gaan sê’.”

Weideman sê Rapport berig ook Du Preez beweer dat Breedt hom en Riana se familie geteister het. “Toe ons hierdie bewering aan mnr. Breedt gestel het, het hy die foon doodgedruk.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel