Een dood, vyf gering beseer toe vragmotor en voertuig bots

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is dood en vyf het geringe beserings opgedoen toe ‘n vragmotor en voertuig Donderdagmiddag op die P200 in Margate, KwaZulu-Natal in ‘n kop-aan-kop-botsing betrokke was.

Arrive Alive sê KwaZulu Private Ambulance was op die toneel.

Met aankoms op die toneel het hulle die vragmotor en motor gevind wat mekaar reg van voor gestamp het.

Die toneel is geassesseer en daar is gevind dat vyf persone geringe beserings opgedoen het.

Een insittende is egter tydens die ongeluk noodlottig beseer en het gesterf nog voordat paramedici op die toneel was.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel