Agt dood, drie beseer tydens skietery by huis

Deel hierdie storie / Share this story

Agt mense is Donderdagoggend dood en drie ernstig beseer in ‘n skietery by ‘n huis in Sebokeng.

ER24-paramedici is omstreeks 06:40 na die toneel ontbied waar verskeie owerhede reeds teenwoordig was.

Verskeie mans het in en rondom die huis gelê. Agt mans het skietwonde opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie. Volgens ER24 kon niks vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.

Twee ander mans is in ‘n kritieke toestand aangetref en ‘n derde was ook beseer.

Die mans is op die toneel behandel voor hulle na hospitale geneem is .