Zelri Steyn deel verlowingstorie

Deel hierdie storie / Share this story

Zelri Steyn het in ‘n oulike plasing op Facebook vertel hoe sy en Gerhard Steyn vir vier maande uitmekaar was toe hy een aand by haar huis opgedaag het en haar gevra het of hy haar op die regte manier kan uitvra.

Vyf dae later, op haar 21ste verjaarsdag, het hy haar verras en haar gevra om met hom te trou.

Lees haar storie hier:

Hierdie foto is PRESIES vandag 11 jaar terug geneem letterlik minute voor ek en Gerhard verloof geraak het…

Almal het ‘n storie… so hier is ons s’ n…

Ek en Gerhard Steyn het NOOIT uitgegaan / ‘gedate’ nie… ons het mekaar
‘gesien’ (saam gekuier vir amper twee maande) soos mens in die ou dae sou sê (weet nie wat die terme deesdae is nie).

Maak ‘n lang storie kort, ek en hy het toe vir amper vier maande nie kontak met mekaar gehad nie (baie detail tussen-in wat nie belangrik is nie) en een aand die 30ste Maart (11 jaar terug) daag die man by my huis op…
My vraag aan hom toe is: so wat is ons nou? En hy sê ‘Zel, gee my kans om jou op die regte manier uit te vra’. So gaan 5 dae verby tot op my 21STE VERJAARSDAG PARTYTJIE – DIE 5DE APRIL (vandag).

My pa vra so ewe nadat hy gespeech het of iemand ‘n spreekbeurt wil hê en hier staan Gerhard op. (in my wildste drome, het ek nie kon droom wat hierna gaan gebeur nie)

Gerhard vra toe voor almal daar of ek asseblief sy meisie sal wees, ek lag en sê toe natuurlik JA… maar WAG daar is MEER….

Die volgende oomblik, toe staan die man op een knieg, en sê “Zel, ek weet nie wat jy met die res van jou lewe wil doen nie, maar sal jy asb. met my trou en dit saam my spandeer?”

Julle en dis ons storie, nooit uitgegaan nie, verloof, en ‘n jaar later getroud, en Junie is dit ons 10de huweliksherdenking, 2 dogtertjies, en 3 pekingese later…

So vandag sê ek vir jou dankie my liefste dat jy my die voorreg gegee het om die lewe saam jou te deel, ek dink ons staan op 200 sakke sout, maar kyk saam JOU , STAP ek elke liewe treë weer en weer…

Gelukkige Verlowings-Anniversary hubster

En vir jou daar buite wat nog nie die een ontmoet het nie, hou moed, want GOD het daai een ongelooflike persoon vir jou in gedagte, al wat jy moet doen is GLO en VERTROU.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel