Vrou wat val en miljoene probeer eis van POF vas vir bedrog

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (35) het na bewering op 29 Augustus 2015 naby St. Patrick’s-hospitaal in Mbizana in die Oos-Kaap geval en haar enkel en elmboog beseer.

AO Bonnie Nxumalo, polisiewoordvoerder, sê die vrou is vir mediese behandeling na St. Patrick’s-hospitaal geneem, waarna sy na Bedford- ortopediese hospitaal in Mthatha oorgeplaas is.

Sy het na bewering op 5 Mei 2021 Mbizana-polisiestasie besoek en ‘n klag van ‘n tref-en-trap-ongeluk gelê.

Sy het glo later ‘n eis van R2,3 m. by die Padongelukkefonds (POF) ingedien.

Die eis is geprosesseer en deur ‘n senior forensiese ondersoeker geanaliseer wat teenstrydighede opgemerk het.

Daar is vasgestel dat die verdagte nooit in ‘n tref-en-trap-ongeluk betrokke was nie, maar beseer is terwyl sy geloop en geval het.

Die Padongelukkefonds het ‘n bedrag van R12 833,73 betaal om teen die eis te litigeer.

Hierna is die saak na die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie in Oos-London vir kriminele ondersoek verwys.

Die verdagte is op 4 April 2023 vir bedrog in hegtenis geneem en het op 5 April in die Oos-Londen-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel