‘n Vrou (30) se liggaam is Sondag 2 April 2023 in ‘n kamer in Stanleystreet, Delft-Suid, Wes-Kaap gevind.
AO Joseph Swartbooi sê Delf-polisie is vir ‘n klagte uitgeroep.
Met hul aankoms by die adres is die liggaam van ‘n vrou, wat sigbare noodlottige beserings met sigbare kneusplekke opgedoen het, aangetref.
Sy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Daar word geglo dat die motief vir die aanval met huishoudelike geweld verband hou.
Delft-polisiestasie ondersoek die moordklag.
‘n 44-jarige man is in hegtenis geneem en word aangehou.
Wanneer die verdagte aangekla word, sal hy vir beweerde moord in die Bellville-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



