Man wat vrou glo voor kleinseun vermoor laat vaar borgaansoek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vermoorde hoofman Mnisi sou glo vervolg word in saak oor renosterstroopsindikaat

John Nkgudi (52) wat sy vrou Tinny (51) glo met ‘n stok, graaf en byl voor hulle kleinseun vermoor het, het sy borgaansoek in die Tsakani-landdroshof laat vaar.

Volgens die NPA-woordvoerder het Nkgudi op 28 Januarie dronk by die huis aangekom en met sy vrou begin stry waar sy in die kamer was met hulle kleinseun (6).

Hy het glo gedurende die argument uitgegaan en teruggekom met ‘n stok, graaf en byl en haar begin aanrand voor hulle kleinseun.

Tinny het na die badkamer gehardloop waar sy oorlede is. Die kleinseun het ‘n video van die voorval geneem.

Toe Nkgudi dit besef, het hy die kleinseun se foon gevat, hom met die graaf geslaan, in ‘n kas, toegesluit en gevlug.

Tinny se liggaam is die volgende dag deur hulle dogter ontdek.

Nkgudi is twee dae later in hegtenis geneem. Hy sal weer op 19 April in die hof verskyn. Die saak sal na die streekshof verskuif word.

Bronne: IOL, African News Agency, VN Explorer

Lees ook: Vrouens veroorsaak meeste ongelukke – Diale Tlabela